BLITSBOKKE VOORSTE AANSPRAAKMAKER OP SWAKOP-TITEL
by Staff Reporter Vir Suid-Afrika se afrigter, Neil Powell, sal die komende Safland sewesrugbytoernooi op Swakopmund die begin van die volgende Olimpiese vierjaarsiklus wees. Die hoog aangeskrewe afrigter het onlangs ’n nuwe vierjaarkontrak met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie onderteken, na aanleiding van die Blitsbokke se bronsmedalje by die Rio 2016 Olimpiese Spele. Die Suid-Afrikaners [...]